SAKEPROFIEL

Die besigheid, 'n eenmansaak, is sedert 1996 in bedryf. Tot nou toe was die hooffokus die verskaffing taaldienste in Engels en Afrikaans: vertaling, proeflees, teksredigering en kopieskryf.

Ander aktiwiteite het doseerwerk, werkseminaarfasilitering en opleiding ingesluit, meestal by skole (waar met sowel opvoeders as leerders gewerk is) en op die plaaslike (Pietermaritzburgse) kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal.

My fokus verskuif nou al hoe meer na die aanbied ban nis-seminare en -werkseminare, hoofsaaklik (maar nie uitsluitlik nie) vir beroepsmense in sowel die privaatsektor as die owerheidsektor.

Klik asseblief hier vir 'n effens vollediger beskrywing en hier vir 'n verduideliking van my leuse.

Bioskets

Ek was 22 jaar lank voltyds verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van KwaZulu-Natal in Pietermaritzburg, waar ek teoretiese en toegepaste taalkunde doseer het. Ek het 'n BA Honneurs aan genoemde universiteit verwerf, en 'n MA in taalkunde aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou die Potchefstroom-kampus van Noordwes-Universiteit).

Ek is met Marilyn getroud en ons woon in Pietermaritzburg, die hoofstad van KwaZulu-Natal. Ons het drie kinders. Ons oudste seun, Denver, is met Tess (geb. Pillay) getroud; hulle het 'n seuntjie en woon in Johannesburg. Ons dogter, Beverley, is besig met 'n PhD in toegepaste wiskunde aan die Universiteit van Kaapstad. Ons jongste seun, Curran, het in die gasvryheidsektor gekwalifiseer en woon in Pietermaritzburg.

Lees hier 'n meer uitgebreide persoonlike profiel.

  • blogicon
  • PCB
  • boutique books
  • Face Book