SEMINARE

Die meeste van my self-ontwikkelde seminare en werkseminare fokus op die verbetering van mense se vermoë om te kommunikeer, hetsy skriftelik of mondeling, hetsy by die werk of elders.

My seminare is altyd baie doelbewus persoonsgerig en inhoud-gedrewe.

Wanneer ek my seminare voorberei en aanbied, vra ek my deurgaans twee vrae af:

  1. Hoe kan ek verseker dat jy as my kliënt agterna sal voel dat jy waarde vir jou geld gekry het?
  2. Hoe kan ek verseker dat jy voel dat jou lewe verryk is as gevolg van jou kontak met my?

Dit is my innige hoop dat jy sowel tydens as ná bywoning van een van my seminare sal voel dat iets as gevolg van nuwe kennis en insigte in jou verander het, en ook besiel sal voel om selfs nog meer oor die betrokke onderwerp te leer.

Ek wil baie graag hê dat jy my aanbiedinge boeiend en verfrissend moet vind.

Uiteraard is baie min kennis is heeltemal nuut en oorspronklik, maar my hoop sou wees dat jy selfs "ou" kennis op 'n nuwe manier sal ervaar, en dat alles ná die seminaar vir jou uiteindelik eenvoudig duideliker sal wees as ooit tevore.

Wanneer jy na my seminare toe kom, kan en moet jy die volgende verwag:

  • 'n vriendelike en ontspanne atmosfeer wat bevorderlik is vir leer
  • 'n klomp nuttige inligting wat dalk vir jou nuut sal wees
  • verduidelikings wat jy dalk nooit vantevore gehoor het nie
  • 'n positiewe en uitdagende sessie.
Klik hier vir Seminaaronderwerpe.
  • blogicon
  • PCB
  • boutique books
  • Face Book