TAALATELJEE

My fokus is op kommersiële vertaling en teksredigering, en ek help organisasies ook soms met kopieskryfwerk vir pamflette, webwerwe e.d.m.

Ek werk ewe maklik in Engels en Afrikaans en kan uit albei tale in albei tale in vertaal.

Onder my vernaamste huidige kliënte (wat werksvolume betref) is die aanlyntydskrif LitNet (www.litnet.co.za); die verwante geakkrediteerde aanlyn-vaktydskrif LitNet Akademies (Geesteswetenskappe); die KwaZulu-Natalse Witness-koerant; Falcon Agricultural Equipment in Howick, KwaZulu-Natal; en Magda Streicher, 'n bekende amateursterrekundige en skrywer.

Vroeër (1987 tot 1998) was ek saam met twee kollegas baie nou betrokke by die vertaling en proeflees van die maandelikse topmark-landbou-ekonomiese tydskrif Effective Farming / Effektiewe Boerdery. (Die tydskrif het in 1998 gesluit.)

My slagspreuk, "Simply clearer", weerspieël my oortuiging dat selfs die mees ingewikkelde boodskappe met eenvoudige duidelikheid oorgedra kan en behoort te word.

Die doelwit is altyd om deur die warboel van dubbelsinnigheid, oortolligheid en slim-klinkende frases te sny en by die wesentlike boodskap uit te kom.

Die eindproduk moet pittig en glashelder duidelik wees.

Op my Engelse Language Studio-blad verduidelik ek onder "For two reasons" waarom duidelikheid so belangrik is.

  • blogicon
  • PCB
  • boutique books
  • Face Book