TOETS JOUSELF

Wat skort met die volgende sinne?

  1. Sy oortuigings resoneer egter met dié van die seminaar s'n.

  2. Dit was presies die idee van Oos-blokdiktature.

  3. Hoe laer 'n land op die persvryheids indeks is, hoe sterker is die opwaartste druk op die korrupsie-persepsieindeks, en dit beinvloed weer 'n land se posisie op die beleggersvertroue-indeks.

  4. Oningeligte kiesers is vir 'n demokrasie 'n groter gevaar as bate.

  5. Dat Suid Afrika nou deur politieke analiste beskryf word as 'n land waar korrupsie endemies geword het het gebeur ten spyte van, en nie as gevolg van die media aandag hieraan nie.

  6. Helena Hugo, 2011 se feeskunstenaar het ons land se werkersklas in baie unieke pastelwerke vasgevang. Haar klem val op die sosiale en ekonomiese voordele van "om te kan werk" en waarsku dat ons mooi na hierdie mense moet omsien.

  7. Ek kan 'n gedig eenmaal lees en dan onthou ek sekere versreëls daarvan.

  8. Die manier waarop mense glo, mense se spiritualiteit dus, verskil van mekaar.

  9. Sy het deeglik navorsing gedoen oor die voortplantingsstelsel van varings.

  10. Sy storie weerspieël meeste van die ander fotos teen die mure.

  11. Uit die aard van die saak – gegewe die klugtige teks en die hiper-begaafde regisseur, is die verhoog geduurende hierdie produksie gevul met baie dinge.

  12. Mag hierdie knap skrywer se naam ook in die toekoms onthou word wanneer daar oor die misdaad of spanningsverhaal geskryf word.

  13. Daar word 'n omvattende hoeveelheid hoogtepunte genoem.

  14. Hy is deur sy publikasies en rubrieke 'n meningsvormer waarvan kennis geneem moet word.

  15. Nie net is sy 'n beeldende kunstenaar en woordskepper nie, maar ook 'n stem kunstenaar.

  16. Dit blyk asof daar geen einde aan die probleme is nie.

Skryf reg-denkend (of dan: Skryf reg – denkend)!

Baie skryffoute kan uitgeskakel word as mens net logies sal dink oor wat jy skryf – reg skryf het dikwels eintlik betreklik min met 'n kennis van grammatikareëls as sodanig te doen.

Maar soos ons weet, is daar in Afrikaans bepaalde eiesoortige skryf- en spelreëls wat onder andere met die korrekte gebruik van kappies en ander skryftekens, en met die los of vas skryf van woorde, te doen het. Om in Afrikaans korrek te skryf, is 'n deeglike kennis van hierdie reëls nodig.

Tog bring die sterk logika wat hierdie reëls onderlê, ons weer terug na die beginsel dat as jy denkend/redenerend sal skryf, jy ook ten opsigte van hierdie aspekte talle foute kan uitskakel.

Die meeste van hierdie reëls word in my "Oeegg! Al daai kappies en goete!"-seminaar gedek.

Write thinking

Seminaaronderwerpe

  • blogicon
  • PCB
  • boutique books
  • Face Book